Oor HeartChat

Die HeartChat Projek is deur Victoria se Multikulturele Kommissie (Victorian Multicultural Commission) gestig, sodat mense wat tale anders as Engels praat dit makliker sal vind om inligting oor geestesgesondheid te lees en verstaan.

Geestesgesondheid sluit ons gevoelens, gedagtes en verhoudings in. Dit kan beïnvloed hoe ons dink, voel en handel. Dit beïnvloed ook hoe ons druk hanteer, met ander mense praat, en keuse maak. Geestesgesondheid is belangrik vir elke ouderdom – vanaf klein kindjie tot ouerige mens.

HeartChat is ’n veilige en verwelkomende webplek waar jy kan:

Geestesgesondheid beter verstaan – wat is goeie geestesgesondheid, en wat is swak geestesgesondheid

Vind ’n professionele mens met wie jy kan praat – iemand wat jou taal kan praat en/of wat jou kulturele agtergrond ken

Ons Vennote

Projek “HeartChat” werk saam met die volgende vennootorganisasies,

en ons dank hulle vir hulle ondersteuning en bekwaamhede:

Project HeartChat also thanks our volunteers:

Tushar Bist  |   Arlie Jace Barwell-Chung  |  Shirley Tang

Is jy ’n professioneel in geestesgesondheid?

SLUIT MET ONS BY HEARTCHAT AAN

Sluit by HeartChat aan

Projek “HeartChat” verwelkom enige professionele mense in geestesgesondheid wat in die gids gelys wil word en geestesgesondheiddienste en -ondersteuning vir multikulturele indiwidu’s en gemeenskappe wil verskaf

Tot 1 Julie 2021 sal “HeartChat” alle verwerkingsgelde kwytskeld sodat jy jou klantebasis met ons hulp kan opbou

Ons vra net dat jy dit oorweeg om laer gelde te vra, sodat ons nog multikulturele individus en -gemeenskappe kan aanmoedig om toegang tot jou baie waardevolle dienste te kry.

Om meer inligting te kry, vul hierdie vorm hier in Toegangsaansoekvorm

Vir die jongste nuus, sluit by ons poslys aan

Ons Vennote